Afrikaans
Home English Afrikaans Map Fauresmith Sites Sources Besighede Businesses

 

Akkommodasie
Besienswaardighede
Uithourit
Kalender
Skole
Mediese Sorg
Sport
Klimaat
Werkskepping
Galery
Eiendom te Koop
Terugvoer

   Dorpsingang               Kruis Buite die Dorp               Achterkerkstraat               Stadsaal               Hoofstraat 

       

Fauresmith is 130km suidwes van Bloemfontein geleë.  Die dorp, wat vernoem is na Ds. Phillip Faure en Sir Harry Smith, is die tweede oudste dorp in die Vrystaat. 

Met die vestiging van blankes in die omgewing het die behoefte vir 'n kerkplaas ontstaan.  Na vele onderhandelinge (sonder sukses) met die Britse regering, word daar eindelik 'n tydelike kerkie gebou op die plaas Sannahspoort - huidiglik Fauresmith.  Die kerkraad het daarna die plaas gekoop teen 14 000 ryksdalers (£1050).  Dadelik is daar begin om erwe te verkoop ten einde fondse te bekom om 'n permanente kerkgebou op te rig.  Die verkoop van erwe was dan ook die gemeente se grootste bron van inkomste.   Woonhuise, waarvan baie as kerkhuise gedien het (slegs gebruik as die eienaar kerk bywoon), het vinnig verrys.  'n Interessante verkoopsvoorwaarde was dat daar geen spiritualieë of ander sterk drank op enige van die erwe verkoop mag geword het nie.  Die huidige gemeentes van Philippolis, Trompsburg, Edenburg, Petrusburg, Koffiefontein, Luckhoff en 'n groot deel van Jacobsdal het aan die gemeente behoort.  

Twee jaar voor die stigting van die dorp het die inmenging van die Britse regering in die binneland gelei tot die daaropvolgende militêre botsing tussen Boer en Brit te Boomplaats, sowat 30km van die huidige Fauresmith.

Op 30 Augustus 1851 is 'n vergadering gehou te Sannahspoort, maar bo-aan die notule staan die naam "Fauresmith".

Naas Bloemfontein was Fauresmith die belangrikste dorp en distrik in die Oranje Vrystaat.  Die eerste volksraad moes tussen die twee kies om te besluit watter een die hoofstad van die Oranje Vrystaat sou wees.  Met 'n meerderheid van twee stemme het die keuse op Bloemfontein geval.

Fauresmith is die enigste dorp in Suid Afrika en een van slegs drie in die wêreld, waar die treinspoor in die middel van die hoofstraat loop.

Die dorp is welbekend in perdekringe vir die jaarlikse Internasionale Perde Uithourit wat in Julie plaasvind.  Gedurende die uithourit voltooi die perde met hul ruiters 205km gedurende die drie dae van kompetisie.

Die winters is baie koud met temperature van onder vriespunt wat algemeen voorkom.

 
Send mail to the Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 2002 - 2013 WB Matthee & Associates
Last modified: 10 June 2013

                                          Proudly South African