Monumente
Home Up Veldreserwe Algemeen Historiese Geboue Slagvelde Monumente Ander Fauna & Flora

1 100 Jarige Herdenking van die Groot Trek 1

150 Jarige Herdenking van die Groot Trek

Burgermonument

Gevangenis wat Dateer uit 1881

Lavender House

100 Jarige Herdenking van die Groot Trek

Groot Trek 100 JaarHierdie monument voor die stadsaal herdenk die eeufees van die Groot Trek (1836 - 1838) toe ongeveer 20 000 boere geëmigreer het uit die Kaapkolonie uit protes oor Britse beleid.  Hulle het die Oranjerivier oorgesteek en die binneland oopgestel vir blanke nedersettings.  

Voor die monument is hoefafdrukke asook voetspore in die sement.  Die hoefafdrukke behoort aan Jakkals en Stryker, perde wat behoort het aan Kolonel NE van Rensburg.  Die voetspore is die van oorlogsveteraan en rapportryer vir die Boeremagte, mnr. Louis Johannes Holtzhausen en sy vrou mev. MSE Holtzhausen (neé van der Merwe).

[Back To Top]

150 Jarige Herdenking van die Groot Trek

Groot Trek 150 JaarHierdie monument staan op die plaas Welgelegen ongeveer 5 km buite die dorp op die Jagersfonteinpad.  Dit is onthul op 1 Desember 1988.  Dit is sigbaar van die pad af.


[Back To Top]

Burgermonument

BurgermonumentIn die kerkhof kan die Burgermonument besoek word.  Hierdie monument is opgerig ter nagedagtenis van die gesneuwelde soldate van die suidwestelike deel van die Republiek van die Oranje-Vrystaat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902).

[Back To Top]                          

 

Gevangenis wat Dateer uit 1881

Korrektiewe Dienste FauresmithDie Fauresmith gevangenis is in 1881 opgerig.  Die gebou is feitlik geheel en al uit klip gebou, en is ook tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.  Die gevangenis word steeds gebruik vir die aanhouding van gevonnisde en ook van verhoorafwagtende gevangenes.

[Back To Top]                         

Lavender House

Nasionale GedenkwaardigheidHierdie ou woonhuis verskyn op van die eerste foto's van die dorp.  Dit is geleë te Oosburgerstraat 12, Fauresmith, en is op 19 Mei 1989 tot 'n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar.

 

[Back To Top]

 
Send mail to the Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 2002 - 2013 WB Matthee & Associates
Last modified: 10 June 2013

                                          Proudly South African