Historiese Geboue
Home Up Veldreserwe Algemeen Historiese Geboue Slagvelde Monumente Ander Fauna & Flora

1 Die gevangenis wat in 1881 gebou is 1

Standard Bank Gebou

Die Poskantoor wat in 1905 gebou is

Die Stadsaal wat in 1930 gebou is

Magistraat- en Polisiekantore

Emily Hobhouse se Spin- en Weefskool

Die gevangenis wat in 1881 gebou is

Korrektiewe Dienste FauresmithDie Fauresmith gevangenis is in 1881 opgerig.  Die gebou is feitlik geheel en al uit klip gebou, en is ook tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.  Die gevangenis word steeds gebruik vir die aanhouding van gevonnisde en ook van verhoorafwagtende gevangenes.

[Back To Top]

Standard Bank Gebou

Hierdie gebou is in 1919 betrek deur Standard Bank.  In 1998 het die bank hul deure vir die laaste maal op hierdie plattelandse dorpie gesluit en is die gebou deur Dr. Benja van Zyl gekoop en aan die NG Kerk Fauresmith geskenk.  Dit dien tans as Kerkkantoor.  'n Gedeelte van die gebou, wat as die Blou Galery bekendstaan word aangewend as kerksaal.

[Back To Top]

Die Poskantoor wat in 1905 gebou is

Poskantoor - Opgerig in 1905Fauresmith se eerste Poskantoor was op die perseel langs die huidige Poskantoor.   Die tans bestaande gebou is geopen in Mei 1905.  

Die telefoon-installasie (sentrale) is in 1921 aangebring en is tans langs die Poskantoor gevestig.  Die plaaslyne word steeds deur 'n handsentrale bedien.

[Back To Top]

Die Stadsaal wat in 1930 gebou isStadsaal - foto deur Nick Barkhuizen

Die eerste stadsaal is in 1880 gebou, maar het op 15 Mei 1927 afgebrand,  Die huidige stadsaal is voltooi in Junie 1930, en is deur die destydse Administrateur , Mnr CTM Willcocks en Dr JJ van Niekerk as Bugermeester geopen.  

Hierdie imposante gebou kyk uit oor die plein in die middel van die dorp.

[Back To Top]

Magistraat- en Polisiekantore

Die huidige Magistraat- en polisiegeboue is op 15 Desember 1936 geopen.   Jagersfontein, Petrusburg, Luckhoff en Koffiefontein het onder die Fauresmith Landdrosdistrik geval, maar later is Jagersfontein en Koffiefontein as sub-distrikte afgeskei.

[Back To Top]

Emily Hobhouse se Spin- en Weefskool

Emily Hobhouse se WeefskoolDie oorspronklike huis waarin Emily Hobhouse se skool geleë was om Boervrouens na die oorlog te rehabiliteer, is vandag nog te sien.

Dit is in privaatbesit.

[Back To Top]

Send mail to the Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 2002 - 2013 WB Matthee & Associates
Last modified: 10 June 2013

                                          Proudly South African