Algemeen
Home Up Veldreserwe Algemeen Historiese Geboue Slagvelde Monumente Ander Fauna & Flora

1 Spoorlyn in die hoofstraat 1

Kerkboom langs Kosmos Kafee

Ou Stoomlokomotief in die middedorp

Moordenaarsgrafte van drie veroordeelde gevangenes wat in die openbaar terreggestel is

Grafte wat terugdateer na die 1800's

Die Veldreserwe

Spoorlyn in die hoofstraat

Stoomtrein in hoofstraat - FauresmithDie spoorlyn wat deur die hoofstraat van Fauresmith loop, is 'n verskynsel wat slegs in twee ander dorpe ter wêreld voorkom, naamlik in Tula Homa, Tenessee, in die VSA en in Wycheproof, Victoria, in Australië.

 

[Back To Top]

Kerkboom langs Kosmos Kafee

Hierdie ou kareeboom staan net ten noorde van die stadsaal.  Onder die boom het ds. Faure en Ds. Robertson as verteenwoordigers van die destydse sinode van die Kaapse N.G. Kerk die eerste nagmaal op Fauresmith aan 32 lidmate van die N.G. kerk van die gemeente Rietrivier bedien op 9 November 1848.  Die boom is langs die huidige Kosmos Kafee  in die middedorp.

[Back To Top]

Ou Stoomlokomotief in die middedorp

Lokomotief op Dorpsplein - FauresmithDie Suid Afrikaanse Spoorweë het na lang onderhandelinge deur die destydse dorpsraad ingestem om 'n lokomotief aan Fauresmith te skenk.  Nadat die lokomotief egter op sy huidige staanplek gemonteer is het dit nog een maal in die hoofstraat afgery, alhoewel nie op eie stoom nie!

Destyds het die distrik se skole meegeding om die "Snyman-beker".  Mnr Moos Visser het die Werda-span beloof dat hy hulle wens om 'trein te ry' sal verwesenlik indien hulle die beker wen.  Die Werda-span het Philippolis in die eindstryd verslaan, en mnr Visser het met sy vragmotor die lokomotief van die spoor waarop dit gemonteer is afgetrek.  Nodeloos om te sê, was dit 'n groot gedoente om dit weer op sy plek te kry!  Daar is nou d.m.v. sweiswerk verseker dat die geskiedenis homself nie herhaal nie! 

[Back To Top]

Moordenaarsgrafte van drie veroordeelde gevangenes wat in die openbaar terreggestel is

In 1868 en in die vroeë 1870's het die Republiek van die Oranje-Vrystaat drie moordenaars in die openbaar, 'n kilometer buite Fauresmith terreggestel.

Die dorpsbewoners is hartlik uitgenooi na die teregstellings. 

Die eerste van die drie moordenaars was ene Richardt, 'n blanke wat in 1868 sy vrou vermoor het ten einde met 'n jonger meisie te trou op wie hy verlief geraak het.
Die tweede moordenaar was 'n kleurling met die naam van Appels, wat 'n transportryer Krynauw vermoor het waar hy onder sy wa gelê en slaap het.  Hy is op dieselfde dag nog tereggestel, en die dorpsbewoners het in groot getalle die teregstelling bygewoon.
Die derde teregstelling was die van 'n swartman wat 'n mev Rossouw vermoor het waar sy besig was met wasgoed.

[Back To Top]

Grafte wat terugdateer na die 1800'sBurgermonument Fauresmith - Foto deur Nick Barkhuizen

In die kerkhof kan die Burgermonument besoek word.  Hierdie monument is opgerig ter nagedagtenis van die gesneuwelde soldate van die suidwestelike deel van die Republiek van die Oranje-Vrystaat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902).

In 'n ander gedeelte van die bergraafplaas is daar ongeveer 25 grafte van gesneuwelde Britse soldate uit dieselfde oorlog.

 

                             [Back To Top]

 
Send mail to the Webmaster with questions or comments about this web site.
Copyright © 2002 - 2013 WB Matthee & Associates
Last modified: 10 June 2013

                                          Proudly South African